Die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring in die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het ses (6) nuwe voertuie oorhandig om die polisiëring van onwettige mynbedrywighede in die provinsie te bevorder.
Dit volg op die amptelike opening van die 24-uur Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensie Struktuur (NatJOINTS) Koördineringsentrum (NCC) by SAPD Tshwane Akademie in Pretoria op Vrydag, 24 Mei 2024, waar die Minister van Polisie, Generaal Bheke Cele saam met die Nasionale Kommissaris van die SAPD, generaal Fannie Masemola voertuie aan verskeie gespesialiseerde operasionele eenhede oorhandig het.
“Generaal-majoor Ngubelanga het die lede ingelig dat die voertuie oorhandig is om lede in staat te stel om vinnig op onwettige mynbou en verwante sake in die mynbou-brandpuntgebiede van die Namakwa- en Frances Baard distrikte te reageer en aan te spreek,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.