Geskiedenis is Vrydag (24 Mei 2024) gemaak by die amptelike bekendstelling van die Thusong-sentrum in Loeriesfontein.
Dit is die eerste Thusong Dienssentrum in Namakwa.
Die Thusong-sentrumprogram het 4 topologieë, die Hub, Satelliet en Geïntegreerde Mobile Thusong.
Die sentrum gebruik ‘n satelliet, waarin departemente elke week op ‘n skeduleerde-basis opdaag.
Die departemente wat by die sentrum gevind kan word is soos volg, Departemente van Binnelandse Sake, Landbou, Arbeid en Indiensneming, Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en SASSA.
Die Windplaas ondersteun en verskaf hulpbronne gerig op entrepreneurs, soos opleiding wat bedoel is om plaaslike sakekapasiteit te bou.
Adjunkminister in die Presidensie, Mnr. Kenneth Morolong, het die hoofrede gelewer, die Munisipale Bestuurder van die Namakwa Distriksmunisipaliteit, mnr. Sydney Adams het die doel van die dag gedeel en mnr. Koos Alexander van die Hantam-munisipaliteit het die verwelkoming gedoen.
Die adjunkminister het saam met die afgevaardigdes ‘n wandeling gedoen na al die departemente wat gedurende die dag dienslewering gedoen het.