Vryheidsdagviering fokus die jaar op inentings 

 Vryheidsdagviering fokus die jaar op inentings 

https://www.thymicrecruitment.com/wp-content/uploads/2017/04/Flag-freedom-day.jpg

Vryheidsdag is die herdenking van die eerste demokratiese verkiesing wat op 27 April 1994 in Suid-Afrika gehou is. 

Dit was die eerste nasionale verkiesing ná Apartheid wat in Suid-Afrika gehou is waar enigiemand, ongeag ras kon stem.

Die herdenking kom op ‘n tyd wanneer Suid-Afrika op die punt staan om met ‘n massiewe inentingsprogram te begin. 

Entstowwe red lewens en verteenwoordig ons beste kans om terug te keer na ons normale lewenswyse.

Ons doen ‘n beroep op almal om die Vryheidsmaand- en Vryheidsdagvieringe te gebruik om oor die komende weke en maande saam te trek.

Kom ons gaan voort om die virus te beveg terwyl ons streef na groter insluiting en sosiale samehorigheid.

Alhoewel ons sedert 1994 merkwaardige vordering gemaak het, bly die spektrum van ongelykheid, armoede en werkloosheid een van die opvallendste struikelblokke vir Suid-Afrika se doelwit van nasionale eenheid en sosiale samehorigheid.

Ons durf ook nie die verskriklike verlede waaruit ons gekom het, vergeet nie, en ons moet ook nie die baie opofferings wat patriotte gemaak het, vergeet om ons demokrasie en vryheid te verseker nie.

Ons geskiedenis is volop met onbaatsugtige patriotte wat die weg gebaan het vir ‘n demokratiese en vrye Suid-Afrika.

Vanjaar is die 150ste herdenking van die struggle-ikoon en menseregte-aktivis Charlotte Maxeke.

Sy en ander onbaatsugtige vroue van haar geslag het teen onderdrukking geveg in ‘n tyd toe sulke verset met onverbiddelike krag ontmoet is.

Courtney Saal

Related post