Polisie se vinnige optrede sit vyf agter tralies vir beskermde plante

 Polisie se vinnige optrede sit vyf agter tralies vir beskermde plante

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Garies Polisie het met die hulp van die boeregemeenskap inligting opgevolg en 5 volwasse manlike verdagtes vir die onwettige besit en vervoer van beskermde plante gearresteer.

Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het bevestig dat op 22 April 2022 omstreeks 00:10 het Adjudant-Offisier JH De Waal en konstabel JH Isaacs met die hulp Agriforum-lede en die plaaslike boere vermeende stropers ingehaal toe die polisie hul voertuig wat verdag lyk naby Garies voorgekeer het.

“Die waaksame span het ‘n sak opgemerk wat deur die verdagtes uit die voertuig gegooi is en dit het gelei tot die konfiskering van 2 060 Conophytum-plante. Die polisie het ook beslag gelê op 4 selfone en die Toyota Etios aangesien dit na bewering in die pleging van misdaad gebruik is,” het Kock gesê.

Die waarnemende distriksbevelvoerder vir Namakwa, Kolonel Schalk Andrews het die span geloof vir hul professionele en meedoënlose pogings om stropery van beskermde plante in die Kluster uit te roei. 

Bernadine Hearn

Related post