Tydens ‘n roetine voertuig deursoeking by die Vioolsdrift-grenspos is ‘n taxi voorgekeer en deursoek.
Die bestuurder het uitgespring en van die toneel gevlug en die assistentbestuurder en 7 passasiers in die voertuig gelaat.
Tydens die deursoeking het die polisielede 3 vuurwapens ontdek wat in ‘n plastieksak versteek was, onder die bestuurdersitplek.
“Die assistentbestuurder en die 7 passasiers is in hegtenis geneem en aangehou. Die polisie het ’n soektog van stapel gestuur opsoek na die bestuurder. Vioolsdrift SAPD ondersoek ‘n saak van onwettige besit van vuurwapens,” het die polisiewoordvoerder brigadier Mashay Gamieldien gesê.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

