Whitlow, na meer as 600 dae gevind

 Whitlow, na meer as 600 dae gevind

Foto: Verskaf @Christopher Whitlow

Na ‘n tydperk van 686 dae van Vedanta Zinc International se meedoënlose soek- en herstelpogings, wil die bestuur van Vedanta Zinc International se Gamberg-myn en Moolmans Suid-Afrika graag aankondig dat hul die oorskot van mnr. Christopher Whitlow op 21 Julie 2022 opgespoor en teruggevind het.

“Mnr. Whitlow het in die vroeë oggendure van 17 November 2020 vermis geraak nadat ‘n geotegniese fout in die westelike gedeelte van die Suidput by Gamsbergmyn plaasgevind het,” het mnr Christo Witbooi van VZI gesê.

Mnr. Whitlow was gebore op  4 September 1976, en word oorleef deur sy vrou, Ruwene Whitlow, en vyf kinders tussen die ouderdom van 21, 20, 18, 16 en 4. Sowel as sy broers Charl en Selvin Cloete.

Witbooi wil graag hul hartlike dank uitspreek aan elke persoon wat onvermoeid gewerk het om Mnr. Whitlow op te spoor en vir hul volgehoue bystand en geduld tydens die soek- en hersteloperasie.

“Ons innige meegevoel gaan uit aan die Whitlow-familie en ons hou hulle in ons gedagtes en gebede. Mag God hulle krag gee in hierdie moeilike tyd,” het Witbooi bygevoeg. 

Bernadine Hearn

Related post