Beskuldigde pleit skuldig op aanklag korrupsie en geldwassery

 Beskuldigde pleit skuldig op aanklag korrupsie en geldwassery

https://www.sanews.gov.za/south-africa/hawks-crimes-against-state-unit-probe-man-arrested-parliament

‘n 56-jarige voormalige werknemer by Burma Plant Hire, Johan Anton Meyer, het op Maandag, 25 Julie 2022, by die Postmasburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuld beken op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Meyer is in Desember 2020 saam met sy drie medebeskuldigdes deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan in hegtenis geneem.

In April 2016 het die voormalige werknemer van Sishen Iron Ore Company by Kolomela-myn wat die produksiebestuurder was, Birma Plant Hire genomineer om die finale Digte Medium Separasie-produk na die plantproduksiebeddings te laai en te vervoer.

Die maatskappy het ‘n tender gekry om by Kolomela-myn te werk.

“Tussen Julie en Desember 2016 het Burma Plant Hire ‘n totale bedrag van R203 756.00 in opdrag van hul voormalige hoof uitvoerende beampte in die beskuldigdes se bankrekening betaal wat dit toe aan die voormalige produksiebestuurder by Kolomela-myn betaal het om te verseker dat die maatskappy steeds werk by die myne,” het die Valke woordvoerder Nomthandazo Mnisi gesê.

Ná ’n suksesvolle ondersoek deur die span het Meyer skuld beken en is vyf jaar gevangenisstraf of ’n boete van R60 000 vir korrupsie gevonnis.

Hy het verder ‘n heeltemal opgeskorte vonnis van vyf jaar gevangenisstraf of R60 000 boete vir geldwassery ontvang.

Die saak teen die drie ander beskuldigdes is tot 26 September 2022 uitgestel vir verskyning in die Kimberley-handelsmisdaadhof.

Bernadine Hearn

Related post