“Die SAPD-bestuur loof speursersant Recardo Kock en die bystandslede van die Hopetown-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir hul meedoënlose pogings in die lang ondersoek wat verseker het dat geen straffeloosheid aan die oortreders van hierdie gruwelike misdaad toegestaan word nie,” het Kock gesê.
Ná die vonnisoplegging was sommige gemeenskapslede woedend en het die regstelsel daarvan beskuldig dat hulle te genadig teenoor die beskuldigdes is.
“Hierdie saak het die hele gemeenskap geskok. Die beskuldigde het die klaagster in dié huis toegesluit en haar om die beurt verkrag. Ons weet nie hoeveel ure daardie traumatiese beproewing geduur het voordat sy kon loskom nie. Selfs nadat sy daarin geslaag het om te ontsnap, moes sy kaal in die straat hardloop in ‘n poging om hulp te soek. Dit was ‘n gruwelike misdaad en die vonnisse wat hierdie mans ontvang het, is nie geskik vir die grusame daad wat hulle gepleeg het nie. Hierdie vonnisse is baie teleurstellend,” het hulle gesê.
Ander het gesê dat misdadigers meer regte het as die slagoffers.
“Daar is baie hulpbronne en bystand vir misdadigers. Dieselfde hoeveelheid hulpbronne word nie aan klaers toegestaan nie. Selfs wanneer hulle agter tralies is, word misdadigers ‘n beter lewe as hul slagoffers gegun. Benewens die bed en dak oor hul kop, asook die gratis driegangmaaltye wat hulle daagliks kry, kan misdadigers gratis onderrig en berading kry terwyl hulle in die tronk is. Gepaardgaande met dit alles word hulle selfs vrygelaat nadat hulle omtrent die helfte van hul vonnis uitgedien het.
“Die regstelsel is meer gefokus daarop om die lewe vir die beskuldigde gemaklik te maak en dit vergeet van die klaer. Die stelsel gee nie om hoe die klaer klaarkom nadat die beskuldigde gevonnis is nie. Hierdie vrou moet haar lewe herbou en was op ‘n jong ouderdom getraumatiseer. Sy het baie hulp nodig om haar lewe te herbou,” het hulle gesê.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, Mojalefa Senokoatsane, het gesê hulle sal die uitspraak bestudeer voordat hulle enige verdere stappe doen.
“Die NVG het kennis geneem van die 15 jaar direkte gevangenisstraf wat deur die Hopetown-streekhof aan ‘n groep mans opgelê is vir verkragting en aanranding. Die NVG sal die uitspraak ondersoek en ‘n pad vorentoe bewerkstellig oor die besluit wat geneem moet word, en kyk of daar vooruitsigte vir ‘n appèl is. Die vervolging is van mening dat die vonnisse nie gepas is by die misdaad wat gepleeg is nie,” het Senkoatsane gesê.
