Die deursettingsvermoë van speurders in Wrenchville het die suksesvolle skuldigbevinding van ‘n moordbeskuldigde verseker.
Op Saterdag 15 Januarie 2022 is die lyk van die 33 jarige Lebogang Setlhabetsi gevind nadat hy gesteek is tydens ‘n besoek aan ‘n shebeen in Promise land, Wrenchville.
Die beskuldigde is geïdentifiseer en daarna in hegtenis geneem.
Die Kuruman-streekhof het onlangs die 23-jarige Keabaka Shadrack Moloko skuldig bevind en tot twaalf (12) jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Lebogang Setlhabetsi.
Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Die polisiebestuur in die John Taolo Gaetsewe-distrik het speursersant Modiaokgotla Lawrence Chabalala van Wrenchville-speurders geloof vir sy vasberadenheid en noukeurige ondersoek wat gelei het tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die beskuldigde.
