Werkskeppingsgeleenthede kan aansienlike sosio-ekonomiese voordele inhou

 Werkskeppingsgeleenthede kan aansienlike sosio-ekonomiese voordele inhou

Foto: Verskaf

Die Vedanta-groep het vandeesweek beduidende groeibeleggingsprogramme oor sy portefeulje wat
deur die sy raad van direkteure goedgekeur is, aangekondig.

In Suid-Afrika het die Groep die Gamsberg Fase Twee-uitbreidingsprojek teen ‘n koste van R7 biljoen
goedgekeur.

Die kapitaalbestedingsprogram hiér, sal Gamsberg se kapasiteit verdubbel van vier metrieke ton erts
per jaar tot agt metrieke ton erts per jaar om ‘n bykomende 200 kiloton per jaar van sink-uitset te
produseer.

Vedanta Zinc International is entoesiasties dat die goedgekeurde R7 miljard die maatskappy na nuwe
hoogtes kan neem as ’n sinkprodusent om Internasionaal as die land se grootste produsent van dié
erts kan wees.

“Ja, daar word meer werkskeppingsgeleenthede aangekondig en dat dit aansienlike sosio-ekonomiese
voordele inhou. Ons hoop en vertrou dat die regte projekte tot armoede-verligting en bydraes tot die opgraderings
van die omliggende dorpe ook ’n prioriteit sal wees,” het Rodney Kritzinger, speker van die Nama-Khoi munsisipaliteit gesê.

Hopelik met alle verwikkelinge huidiglik in die Namakwa Distrik, sal Namakwaland nou meer
voorspoed ervaar in terme van die versekerdheid van werksgeleenthede

Bernadine Hearn

Related post