Sterfte van Noord-Kaapse parlementslid laat leemte in die kantoor

 Sterfte van Noord-Kaapse parlementslid laat leemte in die kantoor

Foto: Verskaf

Die Minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het die ontslape parlementslid Mxolisi Sokhatsha, wat onlangs in ‘n motorongeluk gesterf het, as ‘n toegewyde parlementslid beskryf.

Die 57-jarige Sokhatsha het ook gedien as LUR van vier portefeuljes, insluitende Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Openbare Werke in die Noord-Kaapse regering, voordat hy na die Parlement se Gesondheidsportefeuljekomitee verplaas is.

Sokhatsa was deur Minister Phaahla ook as ‘n baie beginselvaste mens beskryf.

“Hy was inderdaad ‘n baie toegewyde parlementslid vir die African National Congress (ANC), en baie toegewyd aan sy werk as ‘n sweep en die voorsitter van die komitee. Hy was baie toegewyd tot die lewering van gesondheidsdienste aan die mense van Suid-Afrika. Sy heengaan laat ons met ‘n leemte in die portefeuljekomitee vir gesondheid.”

Sokhatsha wat op Vrydag, 25 Maart 2022 in ‘n motorongeluk gesterf het, was verlede Vrydag op Richmond in die Noord-Kaap ter ruste gelê.

President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale provinsiale amptelike begrafniskategorie-twee vir die ontslape Parlementslid verklaar.

Die ongeluk wat sy lewe geëis het, het op die N12-pad, 20 kilometer buite Belmont, plaas gevind.
Die woordvoerder van die Noord-Kaapse premier Bronwyn Thomas-Abrahams sê, “Die president van die Republiek van Suid-Afrika Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale provinsiale amptelike begrafnis Kategorie 2 vir wyle Mxolisi Simon Sokatsha verklaar. ‘n Spesiale provinsiale amptelike begrafnis Kategorie 2 is gereserveer vir die vooraanstaande persone wat spesifiek deur die President van Suid-Afrika op versoek deur die premier van die provinsie aangewys is. Die president het opdrag gegee dat die landsvlag halfmas in die provinsie moet wapper, as ’n teken van respek vir wyle Mxolisi Simon Sokatsha.”

Bron: SABC News

Bernadine Hearn

Related post