Richtersveld Burgemeester Cornell Knoph nuwe ANCYL-voorsitter.

 Richtersveld Burgemeester Cornell Knoph nuwe ANCYL-voorsitter.

Foto: Verskaf

Cornell Knoph, die huidige burgemeester van die Richtersveld munisipaliteit is op Saterdag, 02 April verkies as die voorsitter van die ANC jeugliga in die Namakwa-streek.

Sowat 57 stemgeregtigde afgevaardigdes van al die ses substreke; Karoo Hoogland, Hantam, Nama Khoi, Kamiesberg, Khâi-Ma en Richterveld was tydens die party se sesde streekskonferensie teenwoordig.

Die streekvoorsitter van die ANC Mervin Cloete, het Saterdag tydens sy toespraak die jeugliga aangeraai om te waak teen diegene wat verdeeldheid in die beweging wil saai en onstabiliteit binne die ANC strukture wil skep.

“Die beweging het toegewyde en hardwerkende lede dringend nodig, ‘n leierskap wat die mense verstaan wat hulle lei. Die beweging het spesiale lede nodig wat die idees en waardes van die ANC verstaan en uitleef,” het Cloete gesê.

Cloete het opgemerk dat daar ‘n afname in ANC-steun in die Noord-Kaap was tydens die 2021 Plaaslike Regeringsverkiesings, waar steun “verweer is deur vyande wat nooit opgehou het om hul ondergang te beplan nie”.

“Terwyl daar na die 2024 Nasionale en Provinsiale Verkiesings beweeg word, moet die jeugliga aan die voorkant bly om die koers van jongmense te verdedig, terwyl die voordele van ons demokrasie verdedig word.”

Hy het bygevoeg dat die jeugliga ‘n verantwoordelikheid het om die vertroue van jongmense op die grond te wen.
ANCYL NAMAKWA STREEK UITVOERENDE KOMITEE
Streekvoorsitter:
Cornell Knoph
Streek Ondervoorsitter:
Michael Lebogang Wilson
Streeksekretaris:
Melishia Nero
Streeksadjunksekretaris:
Tasmeen Gertze
Streek Tesourier:
Andisiwe Mdlalana

▪ ADDISIONELE LEDE

  1. Reginald Siegel
  2. Edin Oliphant
  3. Elzaine Isaaks
  4. Bradwin Van Wyk
  5. Angelique Rhoda
  6. Derion Rooi
  7. Tania Cloete
  8. Elroy Adams
  9. Mario Maggott
  10. Loranne Saal
  11. Lynette Olyn
  12. Lukhona Makhubalo

Bernadine Hearn

Related post