Die Hoofdirekteur van menslike hulpbronne by die Noord-Kaapse departement van onderwys, Thomas van Staden, het vandeesweek in die Kimberley-landdroshof verskyn op twee aanklagte van seksuele aanranding.

Die twee klaers is ook werksaam by die Departement van Onderwys.

Die hof vir seksuele misdrywe is in kennis gestel dat die interne dissiplinêre verhoor nog nie afgehandel is nie, waar die klaers gekruisondervra sal moet word aangesien daar verskille was tussen onderhoude wat tydens die verhore gevoer is en getuienis in hoof.

Die staat het tyd gevra om afskrifte te maak en deur 100 bladsye van transkripsies te gaan.

Die regsverteenwoordiger vir die beskuldigde, wat op borgtog uit is, Riaan Bode, het aangedui dat die verdediging gereed is om voort te gaan.

Die saak is tot 24 Oktober uitgestel aangesien een van die klaers nie lekker gevoel het nie.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *