Die operasie genaamd “Vhutu Hawe” het op 30 Augustus 2023 die middag in Springbok agt dwelmverdagtes in twee afsonderlike klopjagte op huise en dwelms ter waarde van sowat R200 000 gekonfiskeer.

Polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio het in ‘n amptelike verklaring bevestig dat die eerste klopjag in Bergsig uitgevoer was.

Dit was deur die lede van Springbok Openbare Orde Polisiëring se C Peloton uitgevoer en het op vyf volwasse vroulike verdagtes toegeslaan.

“Die polisie het vyf ziplock-sakke met Tik gevind wat hulle daarna na ‘n ander perseel gelei het waar die polisie beslag gelê het op 510g Tik en 500 Mandrax-tablette ter waarde van sowat R180 000. Die vyf vroue is gearresteer en aangekla vir die handel in dwelms,” het Kock gesê.

In ‘n afsonderlike voorval het die lede drie volwasse mans by ‘n tweede huis in Bergsig in hegtenis geneem en beslag gelê op 50g Tik en 20 Mandrax-tablette ter waarde van sowat R17 000 en ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant.

Kock het bygevoeg dat die agt verdagtes (vyf vroue en drie mans) sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn vir die handel in dwelms.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *