Op Vrydag, 1 September 2023 het die Port Nolloth Suid- Afrikaanse Polisiediens ‘n verslag van ‘n vermiste persoon ontvang.
Die stasiebevelvoerder, luitenanat kolonel Moyo het onmiddellik alle hulpbronne tot sy beskikking geaktiveer, insluitend Port Nolloth-speurders, Alexanderbaai SAPD en Springbok K9-eenheid.
“Die soektog is deur voertuig- en voetpatrollies uitgevoer en binne ‘n uur is die vermiste 30-jarige Violet Mameja ongedeerd in Axenderbaai gevind en veilig met haar gesin herenig,” het Sersant Molefi Shemane, polisiewoordvoerder gesê.
Die publiek word daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n vermiste persoon aan te meld nie.
Die Namakwa-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews het die lede toegejuig vir hul vinnige reaksie om Violet op te spoor en haar met haar familie te herenig.
