LUR vir die Noord- Kaapse departement van onderwys, Zolile Monakali, vergesel deur die parlementslid, mev. Sandra Beukes, die uitvoerende burgemeester van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, mnr. Mervin Cloete en die staatsdienskommissaris, mnr. Anele Gxoyiya, het Hoërskool SA van Wyk vandag besoek.
Diè skool het ‘n aantal operasionele uitdagings gebied, wat die kwaliteit van leer en onderrig beïnvloed het.
Die Departement het besluit om saam met die Skoolbestuurspan en SBL saam te werk om die sake gesamentlik aan te spreek.
Die uitdagings wat die skool in die gesig staar kon hulle oplos en aan die skool kon twee addisionele onderwysers toegekon word, sodat daar toegesien word dat elke kind ‘n onderwyser het.




