Die LUR, Zolile Monakali het vandag (25 Januarie 2024) die bedroefde families van die twee ontslape seuntjies gaan besoek.
Die twee sewe jarige seuntjies, Eldré Fortuin en Dylan Britz, het hul lewens verloor terwyl hulle ‘n riooldam op Steinkopf gaan swem het en toe verdrink.
Mnr. Monakali het gesê dat hulle as die onderyws department hul medelye met die families gaan betoon en sterkte toe te wens met swaar vrag wat hulle vroeg in die jaar kry, om hul kinders aan die dood af te staan.
“Ons is hier om hulle te bemoedig en te verseker dat God saam met hulle is, wat ons Namakwa kom doen het,” het die LUR gesê.




