Die Huidige situasie rondom die water op Pofadder in die Khâi Ma munisipaliteit, is dat die tegniese span het teen gisteraand 23:30 herstelwerk aan die een hooflyn voltooi en begin water pomp.

Op die staduim het sekere gedeeltes water en dit blyk dat slegs hoogliggende gebiede nog nie water het nie.

Die munisipaliteit probeer nou om drukregulering toe te pas om sodoende water eweredig te versprei.

Die reservoirvlakke is steeds onderdruk, daarom vra die munisipaliteit dat die gemeenskap asseblief water spaarsamig gebruik en slegs aanwend vir menslike gebruik.

Tuine moet nie op die staduim nat gemaak word of voertuie met die tuinslang was nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *