Die Nieuwoudtville Suid- Afrikaanse Polisiediens het inligting oor beskermde plantstropery opgevolg en toegeslaan op drie manlike verdagtes in besit van beskermde plante ter waarde van R3,5 Miljoen.
“Dinsdag, 06 Januare 2024, het die Nieuwoudtville SAPD Sigbare Polisiëring, Nieuwoudtville Speurders en die Oorlogskloof Natuurbewaringspersoneel die verdagtes op heterdaad betrap met 518 Clavias Maribilius plante en 29 Clavias Maribilius sade met ‘n straatwaarde van R3 506 000 in Nieuwoudtville,” het luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Die verdagtes is onderskeidelik 23, 41 en 47 jaar oud en sal binnekort in die Calvinia-landdroshof verskyn.


