Die gemeenskap van Rooiwal teen die Namibia grens gaan eersdaags gratis en kwaliteit gesondheids dienste op hul voorstoep ervaar.

Die kliniek was opgerig met die doel om die gemeenskap te dien en hul gesondheid sorg te prioritiseer.

Die gebou het egter al deur geloop onder vandalisme en geniet huidiglik aandag.

Die plaaslike inwoners gebruik op die stadium Vioolsdrift Kliniek en sukkel soms om by die gerief uit te kom.

Ses plaaslike inwoners werk by die projek insluitend vrouens van die gemeenskap en sal 3 maande duur.

“Die projek is gemeenskap verwant en is ‘n groot hulp vir die mense en ek wil graag die gemeenskap vra om die gebou op te pas,” het Raadslid Susan Cloete gesê.

Voltydse sekuriteit hou dag en nag toesig oor die konstruksie projek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *