Die SAPD-bestuur verwelkom die skuldigbevinding en vonnis wat deur die Pofadder-streekhof aan ‘n gewelddadige misdadiger opgelê is.
Op Dinsdag, 12 Oktober 2021, het die 36-jarige oorledene, Pietman Blom en die 40-jarige beskuldigde Friheinco Titus ‘n argument oor ‘n selfoon gehad.
Polisiewoordvoerder, Sersant Molefi Shemani het gesê dat die verdagte is na die oorledene se huis in Melkbosrand in Onseepkans en het hom ernstig aangerand wat tot sy dood gelei het.
’n Saak van moord is aanhangig gemaak en die beskuldigde is gearresteer.
“Op Maandag, 19 Februarie 2024 het die Pofadder-streekhof Friheinco Titus skuldig bevind, en op Vrydag, 23 Februarie 2024 is hy tot twaalf jaar direkte gevangenisstraf vir moord gevonnis,” het Sersant Shemani gesê.
