Die Kimberley Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het die 38 jarige Shahein Anwar Hassen Donderdag (18/04/2024) tot vier jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

Volgens adjudant offisier Nomthandazo Mnisi, streekwoordvoerder van die Valke, het Hassen in 2020 29 persoonlike inkomstebelastingopgawes ingedien en verkeerdelik betaal-soos-jy-verdien (LBS) belastingkrediete ontvang.

“In die voorlegging het hy belastingkrediete geëis wat verband hou met mediese uitgawes, uittree-annuïteitsfondsaftrekkings en betaal-soos-jy-verdien-bydraes deur gebruik te maak van fiktiewe IRP5-sertifikate en fiktiewe mediese fonds-sertifikate,” het Mnisi gesê.

“Die beskuldigde het verder twee vals persoonlike inkomstebelastingopgawes vir die tydperk van 2021 ingedien. Dit het daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ‘n totale verlies van R324 802,89 gely het.”

Mnisi het bygevoeg dat Hassen op 15 Junie 2023 gearresteer is en op 13 Februarie vanjaar deur dieselfde hof skuldig bevind is op 29 aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

“’n Deeglike ondersoek deur die Valke se Kimberley-ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad het gelei tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die beskuldigde,” het Mnisi verduidelik.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *