‘n 55-jarige beskuldigde, mnr Andre Freyer het gister ‘n kort verskyning voor die Garies-landdroshof gemaak op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens, die besit van ammunisie, die besit van plofstof en die onwettige vervaardiging van plofstof.

Gedurende Februarie 2020 is ‘n uitwysing deur Springbok Sigbare Polisiëring gedoen om ‘n vuurwapen wat in onwettige jag by die Natuurreservaat gebruik is en by Kallabaskopplaas oorkant die Natuurreservaat versteek is terug te vind. 

Terwyl hulle na die vuurwapen gesoek het, het die span op ander vuurwapens, ammunisie en plofbare materiaal afgekom waarop beslag gelê is, maar niemand is in hegtenis geneem nie. ’n Saakdossier is by Springbok-polisiestasie geopen en later na die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek oorgeplaas vir verdere ondersoek.

Na ‘n intensiewe ondersoek deur lede is ‘n besluit deur Direkteur van Openbare Aanklaer geneem om mnr Freyer as die enigste eienaar van die plaas te vervolg.

’n Lasbrief vir inhegtenisneming is op Woensdag, 22 Mei 2024 teen hom bekom en uitgevoer deur Upington Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan.

“Freyer is borgtog van R1000 toegestaan en die saak word tot 27 Junie 2024 uitgestel sodat die saak na die streekhof oorgeplaas kan word,” het Valke woordvoerder Nomthandazo Mnisi gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *