In ‘n poging om leerderprestasie vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-uitkomste te verbeter, bied die Noord-Kaapse Departement van Onderwys tans ‘n twee weke lange winterresidensiële kampe sowel as die Stap-in-skoolgebaseerde kampe vir die geïdentifiseerde graad 12-leerders regdeur die provinsiale distrikte.
Die kampe het op 14 Junie afgeskop en daar word verwag dat hulle tot die 24ste sal voortduur met ‘n totaal van 39 sentrums regoor die provinsie.
Die kampe is deel van die intervensieprogramme wat deur die Departement geïnisieer is met die doel om die vlak van onderwys in die provinsie deur al die grade te verbeter.








