Die naweek van 14 Julie 2024 het vier sokker spanne deelgeneem aan die eerste Hollywood Bets sokkerliga wat in Kamiesberg plaaslike munisipaliteit plaasgevind het.


Die spanne wat deelgeneem het was Kheis se Super Eagles, Pro Stars van Kharkams, Millennium Kids van Garies en Red Rocks van Rooifontein.
Die Millenium Kids span was bekroon as die algehele wenners van die Kamiesberg liga.
Die Red Rocks span het ook ‘n oorwinning geniet met die wen van hul uitspeel wedstryd teen Students FC van die Khai Ma plaaslike munisipaliteit, die nuutste toevoeging tot die liga.


Die Kamiesberg Munisipaliteit bied hul ondersteuning teenoor al die jongmanne wat deel uitgemaak het van die aangeleentheid en wens hulle alle sterkte toe met die begin van hul nuwe seisoen.
Hulle versoek ook dat die gemeenskap om die sokker spanne ondersteun.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *