‘n Jongman van Concordia, Chandlee Schamboa is gekeur vir ‘n beursprogram in sport akedemie.
Hy het saam met afrigter Warnell Engelbrecht by Maties Athletics wat die sport afdeling op Stellenbosch Universiteit is, gewerk.
Volgens die afrigter het Schamboa baie goed gevaar en sal Augustus terugkeer vir meer afrigting.
Dit is die hartverblydende kommentaar wat gemeenskapslede op sosiale media geplaas het, wat die aandag van Nfm se nuusspan getrek het.

Die persoon het in haar kommentaar laat gesê dat dit n vreugde vir haar is om te sien dat daar wel nog kinders is wat aan sport belangstel.
“Wow, ek glo hierdie seun se ouers is baie trots op hom. Dit is ‘n vreugde om te weet dat daar nog kinders is wat aan sport belangstel! Dankie Warnell vir jou ondersteuning in hierdie seunt en soveel ander se loopbane”, lees die kommentaar op sosiale media.

