Die Springbok Openbare Orde Polisie-eenheid gaan voort om die onwettige dwelmhandel hok te slaan, toe lede van C-Platoon ‘n 41-jarige man in hegtenis geneem het vir die besit van Mandrax ter waarde van ongeveer R30 000-00.
Die polisie het inligting opgevolg en hul pligte by die Engen Garage in Voortrekkerweg in Springbok uitgevoer.
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock het gesê dat die verdagte is opgemerk wat ‘n sak uit die asblik geneem het en dit in ‘n boom versteek het nie ver van die brug op die N14-pad.
“Die polisie het op die niksvermoedende verdagte toegeslaan en die Mandrax-tablette in die sak gevind. Hy is gearresteer en van die besit van dwelms aangekla en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn,” het Kock gesê.
Die polisie moedig die gemeenskap aan om deel te neem aan die “RATE OUR SERVICE” QR aanlyn opname en om die polisie te help om hul diens aan die publiek te verbeter.
Gemeenskappe word ook aangemoedig om aan te hou om inligting oor kriminele aktiwiteite te deel om oortreders na boeke te bring en dwelms uit die strate te verwyder.

