Die minister van elektrisiteit en energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig dat die kragnetwerk teen einde Augustus versterk gaan word met die terugkeer van verskeie opwekkingseenhede.
“Ons verwag dat Medupi Eenheid 4 vir ons 800MW [megawatt] sal gee en Kusile Eenheid 6, wat nog 800MW is, sal afvuur. Ons hoop om ‘n verlenging van die lewe van Koeberg Eenheid 2 te kry. Ons is nie selfvoldaan nie. Ons doen alles volgens die boek en ons is steeds optimisties om daardie verlenging van die lewe te kry, en dit sal ons ‘n bykomende 980MW gee.
“Ons verwag wel dat ons teen einde Augustus vanjaar, net van die Eskom-vloot, ‘n bykomende 2 500 MW behoort te kry,” het hy gesê.
Ten spyte van hierdie optimistiese vooruitskattings het die minister gemaan om versigtig te wees en beklemtoon dat beurtkrag steeds ‘n bron van kommer is.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *