Minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa het op Maandag 12 Junie tydens ’n mediakonferensie gesê dat drie munisipaliteite wat by Eskom in die rooi is oor groot bedrae geld wat aan die kragreus verskuldig is, om kwystskelding kan kwalifiseer indien daar aan die toekenningsvoorwaardes voldoen word.
Twee munisipaliteite in die Namakwa distrik, die Nama Khoi en Kamiesberg munisipaliteite staan voor in die ry oor hierdie skuldverligtingsprogram.
Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het reeds op 17 Oktober verlede jaar in ‘n persverklaring aangekondig om te streef na ’n skoon oudit asook sy suksesvolle deelname aan Eskom se Munisipale Skuldverligting Ondersteuningsprogram.
As een van die 28 munisipaliteite wat gekies is om voordeel te trek uit hierdie program, staan Nama Khoi aan die voorpunt van sy missie om die aansienlike finansiële las van R216 miljoen te prioritiseer.
“Die program is ontwerp om munisipaliteite te help om hul skuld te bestuur en hul finansiële gesondheid te verbeter,” het die woordvoerder van die Nama Khoi Munisipaliteit, Jason Milford gesê.
Hierdie voorwaardes sluit in minimum invorderingsbepalings, die vestiging van ’n toegewyde Eskom- rekening, prioritisering van Eskom-betalings en die beperking van verdere lenings. “Intussen het die munisipale administrasie ywerig gewerk om te verseker dat Nama Khoi aan hierdie vereistes voldoen en die broodnodige verligting verseker, het Milford gesê.
“Hierdie verbintenis tot finansiële verantwoordelikheid demonstreer die munisipaliteit se toewyding tot die welsyn van sy inwoners en sy doel om noodsaaklike dienste sonder afwykings te lewer.”
Verder, het Ramokgopa verduidelik dat munisipaliteite regoor Suid-Afrika, weens die wanbesteding van die belastingbetaler se fondse, kon egter nie byhou by hul maandelikse verpligtinge om die staatsbeheerde Eskom betaal vir elektrisiteitsdienste gelewer nie.
Sowat R58,5 miljard was gedurende 2023 verskuldig aan Eskom van munisipaliteite regoor Suid-Afrika.
Ramokgopa het beklemtoon dat dit belangrik is om innoverende oplossings te vind om die prysverhoging van elektrisiteit oor die afgelope 10 jaar aan te spreek. Maar met ’n bykans 400-persent verhoging, moet die gewone ou nou sy hand dieper in sy sak druk om die ligte aan te hou.
Die minister bly egter hoopvol om te verseker dat elektrisiteit bekostigbaar is vir huishoudings met ’n laer inkomste en dat dit vir middelklas huishoudings wat sukkel om kop-bo-water te hou met die koste van elektrisiteit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *