Die polisie in Springbok en Nababeep, saam met die Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Oortredings-eenheid, ondersoek steeds die verdwyning van die 14-jarige David Waterboer.
Hy het op Vrydag 7 Februarie 2025 in Nababeep verdwyn.
David is laas omstreeks 10:50 deur sy ma gesien voordat sy werk toe is. Hy het glo beplan om ‘n sportbyeenkoms in Concordia by te woon, maar het nooit daar aangekom nie.
Hy het ’n swart kortbroek, swart T-hemp en vlootblou sandale gedra.
Die SAPD bied ’n beloning van R75 000 aan vir enige inligting wat tot sy opsporing of die inhegtenisneming van die betrokke oortreder of oortreders kan lei.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word en kan deurgegee word aan Kaptein Whynoma Love by 082 874 4532 of 027 712 8104.
