Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Nababeep doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van die 25-jarige Manrico Strausse, wat sedert Vrydag 9 Mei vermis word.

Hy is laas by sy woning in Kortstraat, Nababeep, gesien en is op Dinsdag 13 Mei deur ’n familielid as vermis aangemeld.

Volgens beskrywings het hy ’n swart Puma-T-hemp, grys sweetpakbroek, en ’n blou-en-rooi Bat-pet gedra toe hy laas gesien is.

Hy het na bewering ook Adidas-tekkies en ’n swart Playboy-sak saam met hom gehad.

Die polisie versoek enige persoon met inligting oor Manrico se verblyfplek om dringend kontak te maak met die ondersoekbeampte, speurdersersant Deory Smith, by 082 416 9808.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *