‘n 35-Jarige man is op Saterdag, 07 Januarie in Greenpoint, Kimberley in hegtenis geneem nadat hy in besit van tik gevind was.
Die Greenpoint-buurtwag het die polisie se Konstabel Jeffries gehelp om die gebied te patroller.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Dikeledi Gopane het bevestig dat die polisie se Konstabel Jeffries inligting ontvang het en toe ondersoek ingestel het.
“Met die polisie se aankoms by die verdagte se woonplek in Dutch Reform straat, het hulle 58 klein sakkies tik met ‘n geskatte straatwaarde van R9000 en kontant gevind en gekonfiskeer,” het Gopane gesê.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn op ‘n klagte van dwelmhandel.
In ‘n ander insident op Sondag, 08 Januarie 2023, het konstabel Jefferies en die Bittersoet-buurtwag voortgegaan om misdaad te bekamp.
Tydens die span se roetine-patrollies, het hulle twee mans van onderskeidelik 24 en 36-jaar oud, ongeveer 23h30 in hegtenis geneem.
Gopane het bevestig dat konstabel Jeffries ook inligting opgevolg het, oor dwelms wat in die omgewing van die Nederlandse Hervormingshutte verkoop word.
Die twee manlike verdagtes is in besit gevind van dwelms en kontant, wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is,” het Gopane gesê.
Die twee sal binnekort in die hof verskyn op dwelmklagtes.
