‘n 40-Jarige buitelandse man is gister in hegtenis geneem deur die Upington-polisie.
Die grenspolisie op Upington, tesame met die honde-eenheid het inligting opgevolg oor ‘n voertuig wat na bewering dwelms vervoer.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela het bevestig dat die polisie die verdagte se woonhuis ook deursoek het.
“Na ‘n intense deursoekingsproses, het die polisie tik met ‘n geraamde straatwaarde van R292 800 gevind en gekonfiskeer.”
Die buitelandse man is onmiddelik in hegtenis geneem op ‘n klagte van dwelmhandel en is tans in aanhouding.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *