Tyrone Philips, of “Weathrd_” soos hy onder sy aanhangers bekendstaan is ‘n plaaslike kunstenaar uit die hartjie van Steinkopf, wat nou groot opslae gaan maak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Phillips gaan hierdie week sy debuutliedjie opneem met die nasionaal benoemde rymkletser, Kiernan “AKA” Forbes.

Dit kom nadat Phillips in Desember verlede jaar skoonskip gemaak het in Kimberley, toe hy die eerste Northern Cape Talent Expo gewen het.

Tydens ‘n onderhoud op Hamba Khaya het die provinsiale voorsitter van CCIFSA, Tshepang Makhetha skaamteloos laat hoor dat Phillips een van die beste deelnemers was.

Phillips het op Maandag, 09 Januarie in Johannesburg geland en gaan heel week in die ateljee saam met AKA deurbring.

Dit is ‘n uitmuntende prestasie vir ‘n kunstenaar van Namakwaland.

Tsepo Mthwana van die Northern Cape Talent Expo, het tydens die onderhoud laat hoor dat hulle baie opgewonde is om saam met hom te werk.

“Sy energie is goed, sy houding is reg en hy het die regte visie vir sy loopbaan. Ons sien daarna uit om ‘n handelsmerk daarmee te bou.”

Mthwana het beleefd bygevoeg: “Ek het dit nie oordink daardie dag nie. Ek het net op die puntelys geskryf; ‘Hierdie ou is ‘n superstar.’ Ek het van die begin af geweet dat hierdie hy gaan ver kom, of hy die kompetisie sou wen of nie.”

Phillips het alreeds in Desember ‘n feesseisoen-vertoning vir A.K.A geopen.

Phillips het homself vroeër hierdie week as nasionale kunstenaar by SAMRO en ook besoek afgelê by die Suid-Afrikaanse mediareus, PriMedia Broadcasting.

NFM Nuus hou Weathrd se aanhangers op hoogte.

Kyk Weathrd_ se volledige optrede hier:

https://fb.watch/h_a3iNmo5h/

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *