Skoolonderrig in die Noord-Kaap het oor die algemeen glad vir die 2023 skool akademie begin met uitdagings wat in verskeie distrikte aangemeld is.

Lede van die Uitvoerende Raad, Lede van die Provinsiale Wetgewer en Lede van die Parlement het skole regoor die provinsie besoek om die heropening van skole te monitor.

Uitdagings wat gerapporteer is, hou hoofsaaklik verband met infrastruktuurbehoeftes by skole waar werk óf onvolledig is óf waar die behoefte aan skoolmeubels bestaan, as gevolg van ‘n toename in leerdergetalle by ‘n spesifieke skool.

“Die Departement het verlede jaar mobiele klaskamers vir skole aangekoop waar ons ‘n groei in leerdergetalle verwag het. Ons ervaar tans ‘n vertraging in die aflewering van skoolmeubels aan Kimberley Boys High School, wat gelei het tot ‘n vertraging van die terugkeer van graad 8-leerders. Tans is hierdie graad 8-leerders nog by die huis en sal eers kan terugkeer skool toe sodra die meubels afgelewer is,” het die LUR vir die Noord-Kaapse Onderwysdepartement, Zolile Monakali gesê.

Die departement hou die situasie baie fyn dop en hoop wel dat die aflewering teen die einde van hierdie week sal plaasvind.

Nog ‘n uitdaging wat ‘n impak op die terugkeer van leerders gehad het, was die situasie by Laerskool Brandvlei, waar die skool teen die einde van verlede jaar deur ‘n storm beskadig is.

Die skool het ‘n kontrakteur aangestel om die puin te verwyder en die skoolperseel te beveilig om ‘n assessering van die skade te doen.

Die omvang van werk is ontwikkel en die skool is besig om ‘n kontrakteur aan te stel om die beskadigde infrastruktuur te herstel.

Monakali het gesê dat hul verwag dat die kontrakteur vanaf volgende week op die terrein sal wees sodat graad 4- en graad 6-leerders kan terugkeer skool toe.

Die Departement is besig met die telling van leerders in voorkeurskole in die Frances Baard-distrik om die beskikbare skoolruimtes by hierdie skole te bepaal.

Die Distrikskantoor werk onverpoosd daaraan om die paar uitstaande leerders teen die einde van hierdie week te plaas.

Die situasie word egter vererger deur ouers wat nie betyds vir skoolopleiding aansoek gedoen het nie of skoolruimtes by voorkeurskole aanvra waar kapasiteit nie bestaan nie.

Die Departement kan bevestig dat alle leerders by ‘n skool geplaas sal word waar daar wel skoolruimtes is.

“Die Departement sal ‘n 10-dae momentopname na die heropening van skole doen om verdere behoeftes aan te spreek wat gedurende hierdie tydperk mag ontstaan. Die Departement sal die funksie van ons skole noukeurig monitor en onmiddellik optree waar ons intervensies vereis word,” Geoffrey vd Merwe, Mediaskakelbeampte van die LUR bygevoeg.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *