Skole in die Namakwa-distrik het op 18 Januarie op ‘n hoë noot oopgemaak.
In die Khai- Ma munisipale area was van die raadslede van die NCM ontplooi na verskillende skole regoor die distrik om die opening te monitor.
Nfm Nuus het met Donne-lee Jano gesels wat geplaas was in die Khai – Ma area, waar hy en raadslid Nel ontplooi was.
Hulle was onderskeidelik uitgeplaas na Boesmanland Hoërskool in Pofadder, en St. Philomena RK intermidiêre skool in Onseepkans.
Die opening van hierdie skole het goed afgeloop, en daar was geensins gehoor van enige uitdagings, soos by Aggeneys Hoërskool of Laerskool, selfs Pella, Witbank Primêr en Francois Visser primêre skool in Pofadder en St. Annes in Onseepkans.
“Ons kinders is opgewonde vir die nuwe skooljaar, wat ek waargeneem het. Dit was wonderlik om te sien want in die vorige jare 2021 / 2022 was leerders en onderwysers gedimotiveerd as gevolg van Kovid-19. Jy kan sien dat die jaar die teenoorgestelde is,” het Jano gesê.
Leerders is opgewonde, met hulle “haasbekkies’’ en oulike skoolklere, dat hulle begin met ‘n nuwe reis in hulle lewens.
Die NCM is opgewonde en ondersteun hulle skole met hul onderwysers.
Jano sê dat hul spreek die hoop uit dat die Here hulle voetspore sal rig gedurende 2023.
Waar daar nuwe skoolbestuurders aangestel word, soos byvoorbeeld St. Philomena RK intermidiêre skool is me. Lucia Ovies, in Pofadder mnr. D C Muller by Boesmanland Hoërskool en mnr. Saul by Francois Visser.
“Vir hulle wens ons ook sterkte toe en mag hulle die skole lei met ‘n ferm hand en mag hulle altyd ons leerders leer, dat hulle wenners is ten spyte van hulle agtergrond,” het Jano afgesluit.
