Die departement van onderwys in die Noord-Kaap sê hy hoop om die leerder vervoerkrisis in en om Kuruman teen die einde van die maand op te los.
Minstens 900 leerders sukkel om by die skool uit te kom weens ‘n gebrek aan vervoer.
Die probleem het leerders van minstens ses plattelandse dorpies geraak sedert skole heropen het.
Die diensverskaffer het sy 16 busse onttrek weens ‘n dooie punt in tarief onderhandelinge met die provinsiale onderwysdepartement.
Die LUR Zolile Monakali sê die skoliervervoerverskaffer het onredelike eise gestel.
“Die diensverskaffer het twee dae voor die opening van die skole kennis gegee van sy voorneme om sy dienste te beëindig. Die diensverskaffer het ‘n versoek vir ‘n verhoging tot R200 000 elk ingedien. Die verhoging na R200 000 vir elk van die busse is nie net onbekostigbaar nie, maar ook onredelik,” voeg Monakali by.
SABC NEWS
