Verskeie verdrinkings is aangemeld ná onlangse stortreën en die opening van sluise in sommige dele van die Noord-Kaap provinsie.

Die Suid- Afrikaanse Polisiediens se soek-en-reddingseenhede soek tans steeds na drie volwasse mans wat onlangs in riviere naby Warrenton, Barkly-Wes en Upington vermis geraak het.

Die publiek moet ekstra versigtig wees wanneer hulle die Oranje-, Vaal-, Riet- en Modderrivier besoek of visvang.

Kanale is ook baie gevaarlike besienswaardighede vir kinders, veral gedurende die warm somermaande.

Die SAPD doen ‘n beroep op die publiek om by die volgende waterveiligheidswenke te hou:
*Ouers moet altyd weet waar hulle kinders is.
*Moenie in die water spring om ‘n vriend te red nie.
*Wees ekstra versigtig en helder denkend wanneer jy visvang, veral op roeibote en klippe.
*Bly weg van swembaddreine, watergate, riviere, damme en kanale.
*Moet nooit swem wanneer jy onder die invloed van alkohol, sterk medikasie of dwelms is nie.
*Rapporteer beweerde verdrinkings by die polisie aangesien riviere en damme tans baie gevaarlik is om binne te gaan om ‘n vriend of ‘n geliefde te probeer red.

VEILIGHEIDSWENKE VIR VLOEDE
* Ontkoppel elektriese toestelle

*Moenie probeer om vloeiende waterbronne soos riviere en damme oor te steek nie. 15cm vinnig vloeiende water kan jou van jou voete afslaan en sterk genoeg wees sodat jy nie weer op die been kom nie
*Moenie oor laagliggende brûe ry wat oorstroom het nie. 30cm vloeiende water kan genoeg wees om die gemiddelde gesinsvoertuig te beweeg.
*Bly weg van kraglyne en elektriese drade.
*Ontruim oorstroomde gebiede onmiddellik.
*Gee aandag aan weerwaarskuwings en mediakennisgewings.
* Skakel asseblief 08600 10111 of kontak jou naaste polisiestasie en onthou om presiese liggingbesonderhede te gee om te verseker dat hulp so gou moontlik gestuur kan word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *