Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n waarskuwing uitgereik vir hittegolftoestande in die Dawid Kruiper en Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteite van die Noord-Kaap wat van Donderdag tot Sondag sal plaasvind.

“Onder hierdie toestande hou langdurige blootstelling aan direkte sonlig gesondheidsrisiko’s in, daarom is dit raadsaam om skadu te soek en gehidreer te bly,” het die weerdiens Dinsdag gewaarsku.

Uiters hoë brandgevaartoestande word Woensdag oor die Dawid Kruiper, Kai !Garib, die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteite in die Noord-Kaap asook Naledi Plaaslike Munisipaliteit van Noordwes verwag.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *