Die tema vir World Poetry Day 2023 is “Wees altyd ‘n digter, selfs in prosa.”

Hierdie bekende versreël deur die Franse digter Charles Baudelaire beklemtoon die belangrikheid van kreatiwiteit en skoonheid in alle vorme van skryfwerk, nie net poësie nie.

Wêreldgedigtedag word op 21 Maart gevier, en is in 1999 deur UNESCO verklaar, “met die doel om taaldiversiteit te ondersteun deur poëtiese uitdrukking en om die geleentheid vir bedreigde tale te verhoog om gehoor te word”.

Die Nasionale gedigte dag vind plaas op 1 Oktober 2023.

Ricardo “Ricky K” Kermis het ter viering van Wêreldgedigtedag ‘n gedig geskryf ter viering van Radio Nfm se uitstekende diens gelewer aan die gemeenskap vir die afgelope 19 jaar.

 

Radio Nfm Namakwaland se trots

Ons is trots

Oud en jonk

Nfm98.1 wat op elke draadloos altyd pronk

Een in sy soort

Wat in Namakwaland hoort

Moenie ophou nie, julle

Bou so voort

Vir alles wat julle aan die luisteraar gee of doen

Weet net hierdie 98.1 klankgolf is een uit ‘n miljoen

Om te bekragtig

Op te voed

Te vermaak

En in te lig

Hou so aan Radio Nfm98.1 Die betroubare stem van die Namakwa mense

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *