‘n Bekommerde onderwyser van Witbank Laerskool, het uitgereik na NFM Nuus met betrekking tot die konstante watertoevoeronderbrekings op die dorp.
Witbank is ‘n informele nedersetting geleë in die Khai-ma distrik in die Noord-Kaap, en inwoners ervaar konstante onderbrekings in watertoevoer wat daaglikse huishoudelike take beinvloed.
Juffrou Shahida Ahmed het Januarie 2023 by Witbank Laerskool as opvoeder aangesluit en het haar kommer oor hierdie kwessie – wat ook ‘n impak het op die leerders se akademie – uitgespreek.
Juffrou Ahmed was bekommerd en gefrustreerd toe sy die nare waarhede van Witbank uitlig. “Die onderbrekings beinvloed my vermoë om die kinders kwaliteit onderrig te kan gee. Die nuut geinstalleerde lugreëllaars werk met water, wat die dorp nie het nie, en leerders vind dit moeilik om in die versengende hitte te fokus”, het sy gesê.
Juffrou Ahmed se frustrasie het verder geëskaleer toe sy aanhaal dat die Oranje-rivier, wat deur Witbank vloei, ‘n onmiddelike oplossing vir hierdie kwessie is.
NFM Nuus het die aangeleentheid na die Khai-ma munisipaliteit verwys en is wagtend op terugvoering.
