Die Bybel verklaar in Psalm 90:10; “Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.”
Vreugde betree jou hart wanneer jy verneem van ‘n senior burger wat die ouderdom van 95 bereik het, byna ‘n volle eeu.
Ouma Mina van Matjieskloof buite Springbok in die Noord-Kaap, het op Sondag, 23 April 2023, die ouderdom van 95-jaar bereik.
Dit is ook bevestig dat sy nou die oudste inwoner op die dorp is.
Die leiers van die Namakwa Civic Movement (NCM), tesame met die Burgemeester van Nama Khoi plaaslike munsisipaliteit, Dr Gustav Bock, familie en vriende het hierdie heuglike geleentheid saam met haar gevier.
Sy was bederf met blomme, ‘n dekadente koek en ander heerlike soet- en sout-happies.
“Vir haar familie en vriende is dit ‘n groot voorreg om Ouma Miena nog in ons midde te kan hê. Haar liefde en haar gebede is onontbeerlik en ons almal wens haar seën en goeie gesondheid toe vir die jare wat voorlê.,” sê Anita, haar dogter.
NCM Voorsitter, Richie Cloete, het almal die lied; “Bind us together, Lord,” luidkeels laat saam gesing.
Die NCM bid oor Ouma Miena se lewe, die beste en allermooiste seëninge toe.
Mag sy altyd wees wat God oor haar uitgeroep het.









