Die Upington polisie se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad het vier verdagtes – tussen die ouderdomme van 35- en 45-jaar oud – op Maandag, 12 Junie in hegtenis geneem.

Gherswin Van Wyk (35), Jasper Pretorius (40), Mothusi Molale (45) en Michael September (43) is vroeg die oggend by ‘n lokasie buite Bergsig naby Springbok, tydens ‘n verwyderingsoperasie in hegtenis geneem.

Die vier staan tereg op klagtes van die onwettige handel in dwelms en korrupsie.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Luitenant-kolonel Tebogo Thebe, het bevestig dat die spesifieke aangeleentheid in Desember 2019 in ‘n groot ondersoek omskep was, nadat polisiebeamptes ook by die misdadige bedrywighede betrokke was.

“Die ondersoekspan het na bewering waargeneem hoe die verdagtes dwelms soos dagga, tik en mandrax ter waarde van ongeveer R13 000 oor die waarnemingstydperk beweeg het”, het Thebe gesê.

Twee van die beskuldigdes Mothusi Molale en Kelvin Brown was albei polisiebeamptes ten tyde van die pleging van die misdaad, maar het later bedank.

“Die 5de beskuldigde, 44-jarige Kelvin Brown is tans in aanhouding by ‘n plaaslike korrektiewe diens-fasilitiet en verhoorafwagtend oor ‘n onverwante aangeleentheid. Die ondersoekspan het die fasiliteit besoek om hom van drie aanklagte van korrupsie aan te kla,” het Thebe bygevoeg.

Alle verdagtes het Dinsdag, 13 Junie 2023 ‘n kort hofverskyning voor die Springbok-landdroshof gemaak en hul saak is tot Dinsdag, 20 Junie 2023 uitgestel vir formele borgtogaansoek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *