Die Minister van Elektrisiteit, Dr Kgosientsho Ramokgoba het in ‘n onlangse verklaring verduidelik hoekom beurtkrag vir verlede week en oor die naweek opgeskort was. 

Tydens ‘n virtuele media-sessie oor die implementering van die land se energie-aksieplan, het Ramokgoba laat hoor dat die vraag na elektrisiteit laer is, as wat in Eskom se winterplan geprojekteer is. 

Hy het voortgegaan om te verduidelik hoe die regering aansienlike dog marginale vordering maak met betrekking tot die verbetering van die plan, wat beoog om die werkverrigting van Eskom se kragstasies te verbeter om energiesekerheid te verseker.

“Die tweede Junie was ‘n belangrike stap in ons reis om te verseker dat ons die kwessie van beurtkrag in die land aanspreek. Ons het ‘n 60%-energiebeskikbaarheidsfaktor (EBF) bereik. Die laaste keer dat ons ‘n 60%-EBF bereik het, was in September 2022,” meen Ramokgoba.

Volgens hom was daar ‘n vermindering in onbeplande verliese tot minder as 16 000 MW, vanaf meer as 18 000 MW. Daarbenewens is beplande instandhouding verminder tot ongeveer 2 500MW.

Hy het beklemtoon dat daar werk aan die gang is wat daarop gemik is om die vlakke van beurtkrag te verminder.

Die kragvoorsiener het egter in die jongste skedule bevestig dat dorpe in die Nama Khoi regsgebied se ligte vanaand (Woensdag, 14 Junie 2023) vanaf 20:00 tot 22:30 af sal wees.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *