Adjunk-president Mabuza gaan Wêreld TB-dag herdenk in die Noord-Kaap

 Adjunk-president Mabuza gaan Wêreld TB-dag herdenk in die Noord-Kaap

https://www.bestmessage.org/wp-content/uploads/2021/03/world-tuberculosis-day-messages.jpg

Adjunkpresident David Mabuza, sal môre in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad (SANAC), Wêreld-TB-dag amptelik herdenk.

Die verrigtinge sal plaasvind op Barkley-Wes, ‘n dorpie naby die Noord-Kaapse hoofstad, Kimberley.

Wêreld-TB-dag word elke jaar op 24 Maart herdenk om bewusmaking te doen oor die verwoestende gesondheid, sosiale en ekonomiese impak van tuberkulosis.

Suid-Afrika is een van die nasies wat die swaarste getref is deur tuberkulose, en die infeksie het die hoofoorsaak van dood in ons land gebly vir menigte jare.

Vanjaar se tema vir die herdenking van Wêreld-TB-dag is ‘Invest in Action to End TB NOW! Get Screened. End Stigma. Save Lives.’

Dit is ‘n duidelike oproep aan Suid-Afrikaners om te belê in verskeie aksies wat bydra tot die nasionale pogings om ‘n einde te bring aan TB.

Die tema is in lyn met die globale tema, ‘Invest to End TB. Save Lives’, ‘n oproep aan wêreldleiers om te verseker dat voldoende hulpbronne beskikbaar gestel word vir TB-reaksie.

Die tema stel ook in ‘n element van dringendheid deur die woord “nou” om die behoefte te demonstreer om TB te prioritiseer, te voorkom, te diagnoseer, te behandel en die pasiënt te versorg.

Die Wêreld-TB-dag geleentheid sal voorafgegaan word deur ‘n Beleid-in-Aksie-skakeling met Tradisionele en Khoi-San leiers, intergeloofsleiers en tradisionele gesondheid praktisyns oor hul aktiewe deelname aan ‘n geïntegreerde MIV, TB, SOI’s en Kovid-19 reaksie.

Adjunkpresident Mabuza sal vergesel word deur die Minister van Gesondheid, Dr. Joe Phaahla; Premier van Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, SANAC Burgerlike Samelewing Voorsitter, me. Steve Letsike; ook die voorsitter van die SANAC Privaatsektor Forum, me. Mpumi Zikalala en verteenwoordigers van ontwikkelingsvennote, insluitend die Verenigde Nasies-agentskappe, Verenigde State Ambassade, PEPFAR en Sentrums vir Siektebeheer, navorsingsentiteite, siviel samelewingsbewegings en die private sektor.

Die program vir die paar dae is soos volg:

DAG 1: Woensdag 23 Maart 2021

Besoek aan Ekapa Kimberley-myn

Tyd: 09:00

Plek: Ekapa Kimberley-myn

Betrokkenheid met tradisionele en Khoi-San-leiers

Tyd: 11h00

Plek: Hoërskool Vaalrivier, Barkley-Wes, Francis Baard-distrik, Noord-Kaap.

Betrokkenheid met intergeloofsleiers

Tyd: 14:30

Plek: Emmanuel Eben Haeser Lodge, De Beersdamweg 20, Barkley-Wes

Bernadine Hearn

Related post