Namatjent, maar natuurlik!

 Namatjent, maar natuurlik!

Vele jongdames se droom is om hul eie suksesvolle besigheid op die been te bring, maar wanneer jyself en niemand in jou glo nie, dan val daardie droom te pletter.

Bridney Cloete, woonagtig op Concordia, is die stigter van ‘n klein besigheid Namatjent.

Sy het ‘n gaping in die natuurlike hare-produkte mark raak gesien.

Dit was altyd haar droom om ‘n suksesvolle hare-produk en handelsmerk te stig, alhoewel sy beoog het om dit eers later in haar lewe te doen.

Sy verduidelik dat sy geensins enige idee gehad het waar om te begin nie, omdat finansiering ‘n uitdaging vir haar was.

Een aand terwyl sy droom het sy haar antwoord ontvang, en dit was om haar motor, genaamd ‘’Morris’’ te verkoop vir kapitaal.

Die motor het sy as haar 21ste verjaardag geskenk ontvang, en sy het die geld gebruik om die bestandele vir haar produkte aan te koop.

“Januarie 2022 het ek uiteindelik my besigheid geregisteer. Ek gebruik hoë kwaliteit draer en essensiële olies om die hare-olie te formuleer, asook kruie uit ons tuin,” sê Cloete.

Sy is versot op haar plante, en om navorsing te doen oor plante en hul voordele en vir die eerste keer in haar lewe, is sy werklik passievol en opgewonde oor wat sy doen.  

Suid-Afrika en veral Namakwaland het meer natuurlike hare-produkte nodig wat geen alkohol of chemikalië bevat nie, produkte wat plaaslik vervaardig word en wat nie die preseveermiddels bevat nie. 

Produkte wat spesifiek vervaardig is vir alle tipe hare en wat die hare laat floreer.  

Die olie is net die eerste van vele produkte.

Haar droom is om Namatjent verder uit te brei en nog produkte te vervaardig onder andere tonikum, laat-in opknapper, krulroom en intense-opknapper.

Cloete vertel dat woonagtig was in die Kaap, waar sy haar diploma in skoonheidterapie voltooi het.  

 “Daarna het ek deel geneem aan die wêreld se grootste vaardigheids kompetisie – World Skills. Dit het my die geleentheid gebied om te reis en ek kon internasionaal deel gaan neem in Rusland. Ek was die provinsiale en nasionale goue-medalje wenneer in skoonheidsterapie,” voeg sy beleefd by.

Op een van haar vele reise het sy die Here ontmoet en sy bring die keer op toe sy oppad was na China en haar bank balans staan op ‘n ronde nul.

Tydens die vlug het sy die hele vyftien ure trane gestort en daarna het sy net dieper en dieper in haar geloof gegroei.

“Hy lewe binne-in my en Namatjent het ontstaan omdat ek gehoorsaam aan Hom was en dit Sy visie vir my lewe is,” vertel sy met trane van blydskap in haar oë.

Haar gesin en naaste vriende is haar grootste bron van ondersteuning.

“Ek is vandag die dankbaarste dat ek die Here aangeneem het en dat die Heilige Gees binne my kom woon het. Ek groei elke dag verskriklik baie en ek is so dankbaar en opgewonde vir die lewe,” sluit sy af.

Azelle Engelbrecht

Related post