‘n Polisiekonstabel wat nie aan diens was nie, is Donderdagaand, 3 Julie 2025, noodlottig gewond tydens ‘n voorval van oproerige gedrag in Nababeep.
Volgens voorlopige inligting het polisiebeamptes kort na 20:25 op ‘n klag van oproerige gedrag gereageer.
Die 30-jarige konstabel, verbonde aan die Springbok-polisiestasie, het glo ‘n vuurwapen op die reagerende beamptes gerig en hulle daarmee gedreig.
Die konstabel is tydens die voorval doodgeskiet.
Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen, en daar is tot dusver geen arrestasies gemaak nie.
Die saak is vir verdere ondersoek na die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (IPID) verwys.
Luitenant-generaal Koliswa Otola, die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, het haar innige meegevoel met die oorledene se familie en kollegas betuig.
