Agt Warrenton-mans in hegtenis geneem vir verskeie misdade

 Agt Warrenton-mans in hegtenis geneem vir verskeie misdade

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Agt verdagtes is oor die naweek op Warrenton in hegtenis geneem tydens ‘n gesamentlike operasie deur die polisie op die dorp, Jan Kempdorp en Pampierstad.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het bevestig dat die span inligting opgevolg het en op agt mans in ‘n krot in Ikhutseng, Warrenton, toegeslaan het.

Die polisie het met die deursoeking op ‘n antieke speelgoedgeweer, 7 rondtes ammunisie in ‘n magasyn, Tik en Mandrax ter waarde van R600, beslaggelê.

“Die verdagtes tussen 18 en 47 jaar oud sal in die Warrenton-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van ammunisie, gevaarlike wapens en dwelms,” het Kock gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Bernadine Hearn

Related post