Man vas vir die besit van gesteelde sonpanele

 Man vas vir die besit van gesteelde sonpanele

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n 28-Jarige buitelandse man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind was van gesteelde sonpanele.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die polisie in die omgewing van die Brug- en die Keimoespad gepatrolleer het, en toe die verdagte met die sonpaneel langs die pad opgemerk is.

Die polisie het die man gestop en hom uitgevra oor die eiendom.

Gamieldien sê hy kon nie eienaarskap van die sonpaneel bewys nie en is in hegtenis geneem.

Die 28-jarige verdagte sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn op klagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Die sonpaneel word gewaardeer teen ongeveer R2000-00,” het Gamieldien gesê

Bernadine Hearn

Related post