Polisie slaan op huis toe en konfiskeer onwettige vuurwapen en ander gesteelde items

 Polisie slaan op huis toe en konfiskeer onwettige vuurwapen en ander gesteelde items

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n 45-Jarige man is op Vrydag, 18 Maart 2022 in hegtenis geneem deur die Frances Baard Misdaadintelligensielede, die Kimberley honde-eenheid en die Kimberley snelwegpatrollie.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Timothy Sam het bevestig dat die span gereageer het op inligting van moontlike dwelmhandel by ‘n huis in Maphuthastraat op Galeshewe.

Die polisie het ‘n deursoekingslasbrief bekom en op die huis toegeslaan.

‘n 7.65 Vuurwapen, drie lewende rondtes ammunisie en een magasyn ter waarde van R5000, was gekonfiskeer.

“Daar is beslag gelê op twee en negentig selfone met ‘n geraamde waarde van R200 000 asook dagga ter waarde van R370,50,” het Sam bygevoeg.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn op klagtes van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, asook die besit van gesteelde eiendom.

Bernadine Hearn

Related post